Mbombela-pastoor herstel goed na fratsongeluk

Loading player...
Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship in Nelspruit sterk goed aan in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria.
Sy is elf dae gelede ernstig beseer in ‘n fratsongeluk toe ‘n jagvoertuig op haar omgeslaan het.
Haar man Kelvin sê dit gaan baie beter en al haar gebreekte bene is weer geheg.
Sy het twee van haar nekwerwels gekraak en ses ribbes, haar wangbene en bekkenbeen gebreek.
Sy sal na verwagting vandag van intensiewesorg na die hoësorgeenheid verplaas word.
22 Sep 2020 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min