Baba Mienke Mulder sterf

Loading player...
Die drie-jarige Mienke Mulder is gisteroggend in haar ouerhuis in haar slaap oorlede.
Sy het drie jaar gelede die land aangegryp nadat sy ernstige breinskade opgedoen het.
Sy het by haar dagmoeder in Mbombela aan ‘n bottel melk verstik.
Die gesin het intussen na Benoni verhuis.
Mienke was ‘n groot inspirasie vir ander.
Karin Harmse sê sy was die fondasie van haar stigting van Arms of Mercy, ‘n nie-winsgewende organisasie wat geld insamel vir siek kinders.
17 Sep 2020 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min