Plaaslike pastoor Pretoria toe verplaas na fratsongeluk

Loading player...
Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship in Nelspruit is oorgeplaas na die Eugene Marais-hospitaal.
Sy is Vrydag ernstig in ‘n fratsongeluk beseer toe ‘n jagvoertuig waarin sy ‘n passasier was, op haar geval het.
Sy het twee nekwerwels gekraak en haar wangbene, ses ribbes en bekkenbeen gebreek.
Sy was tot vandag in Mediclinic Nelspruit se hoësorgeenheid.
Volgens haar man, Kelvin, is sy suksesvol oorgeplaas en sal ‘n spesialis nou op haar bekken opereer.
14 Sep 2020 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min