Bergvlam se Jerusalema Challenge al meer as miljoen keer gekyk

Loading player...
Hoërskool Bergvlam se Jerusalema Challenge het die miljoen-kerf op Youtube verbygesteek.
Die video is sowat ‘n maand gelede opgelaai.
In dit dans die skoolhoof, Deon Visser, en die adjunkhoofde saam met die graad twaalfs.
Die kinders se passies is selfs deur Breyton Paulse op die program, “Toks en Tjops” as “ongelooflik” beskryf.
Juffrou Monique van Heerden het die choreografie behartig.
Sy sê die idee was om ‘n lekker herinnering van die jaar vir die groep te skep.
7 Sep 2020 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min