Covid-19-herstelkoers in Mpumalanga by 90%

Loading player...
Mpumalanga het teen 25 Augustus ‘n herstelkoers van 91,5% persent vir Covid-19-gevalle aangeteken.
Die jongste beskikbare syfers vir die provinsie toon dat 23 331 mense positief getoets het. Van hulle het 21 370 herstel.
In totaal is 312 sterftes aangeteken.
Woordvoerder vir Mpumalanga se gesondheidsdepartement, Dumisani Malamule, skryf die hoë herstelkoers toe aan die warmer weer.
Hy sê hulle verwag ‘n tweede vlaag infeksies om minder ernstig te wees.
27 Aug 2020 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min