Verdagte vas na skietery in Heidelvallei

Loading player...
Twee skietvoorvalle het vanoggend in die Heidelvallei afgespeel.
‘n Boer is rondom half tien op sy plaas aangeval.
Terwyl die ses verdagtes te voet gevlug het, het hulle in ‘n skietgeveg betrokke geraak met ‘n verbyganger en Hi-Tech Sekuriteit op die R37.
Volgens Jean de Beer van Hi-Tech is een van hul wagte en een verdagte raakgeskiet. Die verdagte is aangekeer.
Sy makkers het in die verbyganger se voertuig gevlug. Dit is kort daarna in ‘n plantasie gevind. Die mans word steeds gesoek.
26 Aug 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min