Natuurliefhebbers oorlaai SANParke se webtuiste

Loading player...
Entoesiastiese natuurliefhebbers het Saterdagaand SANParke se webtuiste met hul groot hoeveelheid navrae oorlaai.
Volgens Rey Thakuli, woordvoerder van SANParke, het die verkeer op hul webwerf na president Cyril Ramaphosa se toespraak skielik met 120% vermeerder.
Ramaphosa het aangekondig dat interprovinsiale reis vanaf Dinsdag weer wettig sal wees.
Thakuli sê hulle ondervind steeds hoë volumes verkeer aanlyn van mense wat besprekings maak of skuif, maar die stelsel is intussen gestabiliseer.
17 Aug 2020 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min