
#4 Briekaandraai - Episode 4
Wessel probeer tannie Dottie van Kolwyntjie help om ʼn nuwe kragopwekker aan die werk te kry. Otto daag op en krap almal se lewens om, veral Wessel s’n met sy planne vir ʼn gemeenskapsradiostasie. Albei is hardekoppe en hulle stuur af op ʼn liederlike botsing.