Podlitiek: 30 jaar ná FW praat en Maimane en Steenhuisen vir mekaar kwaad

Podlitiek gesels vandeesweek oor Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, wat vir John Steenhuisen, waarnemende DA-leier, as “Judas” beskryf het, asook hoe FW de Klerk se bekende toespraak van 2 Februarie 1990 onthou word dertig jaar later en die ondersoek na Neill Aggett se dood vier dekades gelede, en hoe jongmense met ons land se geskiedenis moet omgaan.