Welkom by Teksredaksie.co.za

Welkom by Teksredaksie.co.za (Jana Luther & Fred Pheiffer). ’n Nuwe projek vir die verkenning van praktiese redaksionele prosesse ter aanvulling van formele, teoretiese opleiding van teksredakteurs in Afrikaans. Inhoud vir taalpraktisyns, taalpraktykstudente en -dosente, asook vir skrywers. Veral, maar nie uitsluitlik nie, vir mense wat daagliks professioneel in en met veral geskrewe Afrikaans werk.