Podlitiek: Noah van links geslaan, Eskom se liggies af en die Soewereine Staat van die Kaap van Goeie Hoop

In hierdie spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff en die gasaanbieder, Daniel du Plessis, oor Trevor Noah se Twitter-oproer, die nuutste gebeure oor Eskom en China se betrokkenheid by die sukkelende staatsorgaan en laastens oor die idee van ’n onafhanklike Kaap-buurland.