Podlitiek: Wat Andilê daar agter BLF? SA se 2de kolfbeurt by die 'ICC', en daar is ’n Obama op ons stoep

Hierdie week val Podlitiek se vergrootglase op Black First Land First, Suid-Afrika se voorgenome terugkeer na die Internasionale Geregtigheidshof, en die voormalige Amerikaanse president Barack Obama se onlangse besoek aan Suid-Afrika. Soos altyd kan luisteraars kraakvars en bekkige kommentaar verwag!