Soom

Aangebied deur Griffel Media. Soom is die langverwagte debuutbundel uit die pen van prof. Hennie van Coller, hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Vrystaat-Universiteit. Kom luister na wat hy vertel oor ’n vervloë era uit die Lae Lande en Suid-Afrika wat in hierdie bundel opgeroep word.