
Rooilug is ‘n moet-sien een-man vertoning wat terugkeer na Bloemfontein
Loading player...
Skrywer, teatermaker, regisseur en Bloemfonteiner Jefferson J. Dirks-Korkee sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om sy opwinding te deel oor sy produksie “Rooilug” wat van 24 November tot 3 Desember in die stad van rose op die verhoog sal wees. In samewerking met Flipping the Scripts, PENM Productions, Asitej en PACOFS word leerders ouer as 16 en volwassenes genooi om saam te kom gesels oor die dinge wat niemand oor wil praat nie. Die dinge wat in gesinne en huise dwars oor die land afspeel. Jeff is ‘n bekroonde teatermaker en kan nie wag om nuwe gehore na die teater te nooi nie. Kaartjies is beskikbaar op Webtickets.



