
UNITY IN COLOUR bring kuns, kleur en hoop na die Noordkaap
Loading player...
Deidre Vaarland is in murg en been ‘n Richie kind soos sy haarself beskryf en het besluit om haar talent en liefde vir kuns, met haar tuisdorp te deel. Deur die gemeenskap te betrek het hulle kleur en hoop met hul kuns na van die groot kaal mure van Richie gebring. Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop en vertel hoe die projek al gegroei het en ook wat hulle beplan in die nuwe jaar. Jy kan betrokke raak deur eenvoudig Deidre Vaarland op alle sosiale media platforms te soek.



