MY 5-JARIGE SEUN IS DOOD VERKLAAR… TOE SÊ HY: “HALLO PAPPA!” | Hannes Roode

Loading player...
DOOD VERKLAAR… MAAR GOD HET DIE LAASTE WOORD!

Hannes Roode van Hartenbos se lewe is radikaal verander ná ’n persoonlike ontmoeting met die Heilige Gees. God het hom begin gebruik om vir siekes te bid, mense te bevry en profeties te bedien.

Maar toe word sy eie geloof tot die uiterste beproef!

Sy vyfjarige seun, Dillan, was in ’n verskriklike ongeluk en is volgens Hannes se getuienis later in die hospitaal dood verklaar. Terwyl verpleegpersoneel sy liggaampie vir die lykshuis voorberei het, het Hannes in die Naam van Jesus Christus gebid.

Toe maak Dillan sy oë oop en sê: **“Hallo, Pappa!”**

Maar Dillan was steeds verlam. Wat daarna gebeur het, is nóg ’n merkwaardige deel van hierdie getuienis.

’n Kragtige gesprek oor herlewing, die Heilige Gees, geloof en God se wonderwerke!

**Baasraak saam Coach Freek | Gas: Hannes Roode**

#Baasraak #CoachFreek #HannesRoode #Getuienis #Wonderwerke #Herlewing #JesusChristus
8 Nov Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Hy het sy hele lewe na ’n vaderfiguur gesoek | Peter Warne

Pastoor Peter Warne verloor sy pa op net 14-jarige ouderdom en spandeer daarna ’n groot deel van sy lewe op soek na ’n vaderfiguur — in kroeë, by die werk en selfs in die kerk. Hy vertel eerlik hoe vaderloosheid, seer, sukses en bediening sy lewe gevorm het, en hoe…
11 Oct 1 hr 35 min