
KOMBUIS STORIES: Wanneer resepte begin sing
Loading player...
Wat gebeur wanneer ’n meesterlike kok en ’n liedjieskrywer besluit om resepte nie net te kook en te proe nie, maar ook te laat sing? Dit is die idee agter KombuisStories, ’n besondere langtafelervaring wat op 5 Desember 2026 om 18:30 in Fauresmith aangebied word. Die aand bring twee kreatiewe storievertellers bymekaar: sjef, kosskrywer en storieverteller Frik de Jager, en sanger, liedjieskrywer en visuele kunstenaar Jacobus Silwer. Die twee sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop.



