Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

Loading player...
JEREMIA 18
Soos klei in die pottebakker se hand
1Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.
3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.
5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel. 7Een oomblik kondig Ek aan dat Ek 'n nasie, 'n koninkryk sal afbreek, sal uitroei, sal vernietig. 8Maar wanneer dié nasie hom bekeer van sy boosheid waaroor Ek hom wou straf, sien Ek af van die straf wat Ek oor hom wou bring, 9en die volgende oomblik kondig Ek aan dat Ek die nasie en die koninkryk sal bou en sal vestig. 10Maar wanneer hy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien Ek af van die goeie wat Ek aan hom wou doen
3 Nov 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

LUKAS 15 Die gelykenis van die verlore skaap (Matt. 18:12-14) 1Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. 2Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” 3Toe vertel Jesus vir…
6 Nov 1AM 12 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

LUKAS 24 45Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. 46Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word,…
5 Nov 1AM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 18 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê. 5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen…
4 Nov 1AM 12 min

Maandag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

MATTEUS 23 Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en die Fariseërs (Mark. 12:38-39; Luk. 11:43-46; 20:45-46) 1Toe het Jesus die menigte en sy dissipels toegespreek 2en gesê: “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk. 3Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir…
2 Nov 1AM 12 min