Vrystaat Kunstefees 2027: Aansoeke is oop

Loading player...
Die verhoë staan dalk nog leeg en die ligte is af, maar agter die skerms is die voorbereidings vir die 2027-Vrystaat Kunstefees reeds aan die gang. Aansoeke vir die Hooffeesprogram en Vrynge is oop, en kunstenaars, vervaardigers en kreatiewe mense word uitgenooi om hul werk vir oorweging voor te lê.
Feesdirekteur Michael Garbett en Juné Pretorius gesels met Ashmund Martin in OFM Kunsteklop oor die aansoekproses, die geleenthede wat die fees bied en wat voornemende deelnemers moet weet wanneer hulle hul voorstelle voorberei.
Aansoeke vir die Hooffees en Vrynge is vanaf 4 September tot 27 November 2026 oop. Die Hooffeesprogram sluit onder meer teater- en musiekproduksies in, terwyl Vrynge ’n platform bied vir opkomende kunstenaars wat gereed is om hul eerste tree op die professionele verhoog te gee.
Volgens Garbett is die aansoek- en keuringsproses een van die opwindendste dele van die fees. Die hoë gehalte van produksies by die afgelope fees skep groot verwagtinge vir die volgende program, en die span sien daarna uit om te ontdek watter nuwe idees, stories en kreatiewe stemme vir 2027 na vore sal kom.
Die fees bied egter nie net geleenthede vir verhoogkunstenaars nie. Aansoeke vir die Kunstemark het intussen ook geopen, wat kunstenaars, ontwerpers en kreatiewe entrepreneurs die geleentheid bied om hul produkte en skeppings aan feesgangers bekend te stel.
Aansoeke vir die Literatuurfees is ook reeds oop en sluit eers aan die einde van Januarie 2027. Die program bied ruimte vir ’n verskeidenheid aktiwiteite, waaronder boekbesprekings, paneelgesprekke, kinderaktiwiteite, poësievoorlesings, akademiese gesprekke, meesterklasse, werkswinkels en kosdemonstrasies.
Wanneer die aansoeke vir die Hooffees en Vrynge sluit, begin die keuringsproses, waarna die 2027-program geleidelik vorm aanneem. Dit is die begin van ’n kreatiewe reis waarin nuwe idees en stories uiteindelik hul plek op die verhoog en binne die feesprogram kan vind.
Die 2027-Vrystaat Kunstefees vind van 6 tot 10 Julie 2027 op die Universiteit van die Vrystaat-kampus in Bloemfontein plaas.
Belangstellendes kan die aansoekvorms en verdere inligting op die Vrystaat Kunstefees se webwerf kry. Voornemende deelnemers word aangemoedig om die riglyne vir hul onderskeie kategorieë deeglik deur te lees en die toepaslike sluitingsdatums in gedagte te hou.
23 Oct English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Zayden Venter slaan die regte note in akademie, sport en musiek

Zayden Venter, ’n graad 7-leerder van Bloemfontein, is ’n jong presteerder wat op verskeie terreine uitblink. Of dit nou akademie, sport of musiek is, hy wys dat toewyding, harde werk en passie ’n mens ver kan bring. Veral sy talent vir tromspel het hom die afgelope jaar besondere erkenning besorg…
23 Oct 2 min

Kevin Leo bring sy stem en liefde vir sang terug na Suid-Afrika

As jy Kevin Leo se stem hoor, weet jy dadelik wie dit is. Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger, wat deesdae in Panama, Suid-Amerika, woon, maak hom gereed vir ’n besoek aan Suid-Afrika in Oktober en November 2026. Hy sluit by Ashmund Martin aan in OFM Kunsteklop om meer te vertel oor…
22 Oct 5 min

NWU Gallery wraps up 2026 with dual student exhibition

The NWU Gallery is proud to present the NWU Zine Fest 2026, a Social Anthropology student exhibition exploring the zine as an open form of de-colonial writing and making. The exhibition will be on from 19 to 23 October at the main gallery on campus. The second exhibition is the…
6 Oct 4 min

Mother Tongue exhibition in Kimberley allows art to become the language spoken

The first solo museum exhibition by South African artist Anastasia Pather is being hosted at the William Humphreys Art Gallery in Kimberley till 26 November 2026. The exhibition marks a significant milestone in the artist's career and reaffirms the gallery's commitment to providing a platform for artists whose work expands…
2 Oct 4 min