Zayden Venter slaan die regte note in akademie, sport en musiek
Loading player...
Zayden Venter, ’n graad 7-leerder van Bloemfontein, is ’n jong presteerder wat op verskeie terreine uitblink. Of dit nou akademie, sport of musiek is, hy wys dat toewyding, harde werk en passie ’n mens ver kan bring. Veral sy talent vir tromspel het hom die afgelope jaar besondere erkenning besorg.
Tydens die 2026 Bedford Eisteddfod het Zayden ’n indrukwekkende A++-prestasie met 95% vir sy tromspel behaal. Hy het ook ’n diploma by die Nasionale Eisteddfod ontvang en uitstekende uitslae tydens die Vrystaat Kunswedstryd behaal.
Sy musikale prestasies strek selfs verder. Zayden het ’n onderskeiding behaal in sy graad 2-eksamen in klassieke en jazz-tromspel by Trinity College London – ’n besondere mylpaal vir ’n jong musikant wat steeds sy vaardighede ontwikkel.
Benewens sy individuele prestasies is Zayden ook ’n instrumentalis in die Fichies Seniorkoor, wat self uitstekende prestasies behaal. Sy betrokkenheid by die koor bied hom die geleentheid om sy musikale talent binne ’n spanverband uit te leef.
Zayden gesels met Ashmund Martin in OFM Kunsteklop oor sy merkwaardige prestasies, sy ervaring van die verskillende Eisteddfod-kompetisies en hoe dit voel om sulke uitsonderlike resultate te behaal. Hy deel ook meer oor sy liefde vir tromspel en die harde werk agter die sukses.
Met sy entoesiasme en veelsydige talent is Zayden beslis ’n jong musikant om dop te hou.