
Vrydag, 16 Oktober 2026
Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Namibië se Venus- en Mopane-olievelde was vandeesweek opnuut op die wêreldverhoog by die African Energy Week met TotalEnergies se senior vise-president, Mike Sangster, wat die land se potensiaal as 'n reusespeler in die toekomstige energiemark uitgestip het. Maar minder goeie nuus op die mynboufront: Deep Yellow het hul finale beleggingsbesluit oor die ontwikkeling van die Tumas-uraanmyn in die Namib eers op ys geplaas.

