
Dinsdag, 14 Oktober 2026
Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Kraakvars! Nog voor die eerste haan vanoggend gekraai het, het Namibië in Bangkok 'n reuseprestasie op die jongste Absa-indeks vir Afrika se finansiële markte behaal. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die Namibiese Effektebeurs (NSX), Tiaan Bazuin, al die pad uit Thailand. In ander nuus sê Meatco hy gaan nie 'n derde van werknemers se salarisse sny nie. En Namibia Critical Metals is al hoe nader daaraan om ’n ooreenkoms van bykans N$267 miljoen met Japannese beleggers vir sy Lofdal-projek in Kunene te beklink.

