
Première van bekroonde Suid-Afrikaanse komposisie tydens Odeion-strykkwartet konsert
Loading player...
Die Odeion-strykkwartet (OSQ) bied hul laaste aandkonsert van 2026 op Donderdag, 22 Oktober, om 19:00 in die Odeion-ouditorium in Bloemfontein aan. 'n Hoogtepunt van die aand sal die wêreldpremière van The Exhibition deur Chesney Palmer wees, asook 'n nuwe strykkwartet deur Nicholas Smit. Luzanne Eigelaar van die Odeion Skool vir Musiek verskaf al die besonderhede aan Yolanda Maatens in die OFM Kunsteklop. Kaartjies is by Quicket beskikbaar.





