
Gr 9 & 11: Die NWU kan graad 9 leerders help om toekomsgereed te wees
Loading player...
Graad 9-vakkeuses is ’n belangrike kruispad vir enige leerder in hul hoërskoolloopbaan – dis wanneer hulle vakke kies vir die res van hul skoolloopbaan. Prof. Lomé Koekemoer, ’n medeprofessor van Praktyk by die Workwell-navorsingseenheid aan die Noordwes-Universiteit en Besturende Direkteur by YellowSeed Consulting sluit by Yolanda Maartens aan om te vertel hoe sy en haar span by Yellow Seed help om individue te laat groei, aan te pas en toekomsgereed te wees.

