
Health Innovation: Prof. Elmarie Deacon
Loading player...
Prof. Elmari Deacon is ʼn kliniese sielkundige en professor aan die Noordwes-Universiteit. Haar navorsing fokus op gesondheidsielkunde, positiewe sielkunde en die psigososiale aanpassing in diabetesbestuur. Haar werk ondersoek onder meer hoe jongmense diabetes verstaan en beleef, hoe denke, emosies, gedrag, veerkragtigheid en ondersteuning hul selfbestuur beïnvloed, en hoe hierdie insigte in meer mensgesentreerde ondersteuning en intervensies omgesit kan word.

