
Die identifisering van vroeë waarskuwingstekens vir kinderkanker is van kritiese belang
Loading player...
Met CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa) se veldtog tydens Internasionale Kinderkanker-bewustydsmaand beklemtoon die organisasie vroeë waarskuwingstekens, gesinsverhale en praktiese maniere om kinders en tieners te ondersteun by wie kinderkanker gediagnoseer is. In Suid Afrika raak Kinderkanker steeds duisende kinders, tieners en gesinne, en beklemtoon dit dus die behoefte aan groter bewustheid, vroeër diagnose en gemeenskapsondersteuning. Sonet van Zyl streekbestuurder by CHOC in die Vrystaat en Noordkaap sluit by Yolanda Maartens aan om oor die waarskuwingstekens te praat en om uit te lig hoe belangrik die rol van hul CHOC huis in Bloemfontein is vir die hele streek se pasiëntjies. Raak gerus betrokke by choc.org.za en dra goud hierdie September.




