Arni van Rooyen - Kaartjie verkope vir Curriebeker eindstryd
Loading player...
’n Uitverkoopte Suzuki-stadion word Saterdag verwag wanneer die Suzuki Griekwas die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley koppe stamp.
Kaartjieverkope het eers Dinsdag geopen, maar die aanvraag was geweldig, met bykans al die beskikbare kaartjies binne die eerste halfuur uitverkoop.
Daar is steeds sowat 2 000 kaartjies in die oop pawiljoen beskikbaar, maar met die opwinding wat vinnig toeneem, word ondersteuners aangemoedig om hul kaartjies so gou moontlik te bekom voordat hulle uitmis op wat beloof om ’n onvergeetlike geleentheid te wees.