
n Viering van musikale samesyn tydens “Sister Act” op 10 September by die Odeion
Loading player...
“Sister Act” bring drie uitmuntende Suid-Afrikaanse musikante byeen – die fluitspeler Malané Hofmeyr-Burger, violis Zanta Hofmeyr en altviolis Jeanne-Louise Moolman. Saam beloof die drie dames ’n viering van vriendskap, musiek en die vreugde van saam optree. Malané Hofmeyr-Burger sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor hul konsert op 10 September by die Odeion in Bloemfontein. Gehore kan uitsien na ’n betowerende kamermusiekprogram wat strek van die warmte en elegansie van Beethoven tot die ryk teksture van Max Reger, tesame met werke van Jan van Gilse en Franz Neubauer. Dit is ‘n besondere samewerking van ‘n unieke trio wat luisteraars nie mag mis nie. Kaartjies is by Quicket beskikbaar.




