
B Gallery in Klerksdorp nooi jou na ‘n miniatuur avontuur om kuns meer toeganklik te maak
Loading player...
Op 4 September vind die grootste kuns gebeurtenis in Klerksdorp plaas! Die B Gallery in Michael straat bied hul: Miniatuur Avontuur uitstalling aan. “Tiny Treasures” is ‘n internasionale tendens om kuns meer toeganklik te maak en om oorspronklike kunswerke teen meer bekostigbare pryse aan te bied. Die klein kunswerke beteken ook dat kunsliefhebbers nie baie plek nodig het om die werke teen hul mure te versamel en uit te stal nie. Lizette Havenga van die B Gallery sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop. Die uitstalling is aan tot en met middel Januarie 2027 en jy kan meer lees op Facebook by https://www.facebook.com/TheBgalleryonMichael/





