Dinsdag, 4 Augustus 2026

Loading player...
Kosmos Kapitaal is Kosmos 94.1 se toegewyde finansiële platform wat daarop gemik is om finansiële kennis toeganklik, verstaanbaar en relevant vir elke Namibiër te maak.

Hier vind jy betroubare inhoud oor persoonlike finansies, begrotings, spaar, beleggings, die ekonomie, sake, marknuus en praktiese geldwenke – alles eenvoudig verduidelik deur kundiges en bedryfsleiers.

Of jy nou jou finansiële kennis wil uitbrei, beter geldbesluite wil neem of op hoogte wil bly van die jongste ekonomiese verwikkelinge, bied Kosmos Kapitaal professionele, insiggewende en maklik verteerbare inhoud wat jou help om met groter vertroue jou finansiële toekoms te bestuur.
4 Aug 12AM English Namibia Business · Investing

Other recent episodes

Maandag, 24 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Is groepsdruk onder veral jongmense dalk 'n rede dat staatsamptenare in skuld verdrink? Ons hoor by 'n kenner. Ook Vrydag se NSX-nuus: Lekker dag vir SBN Holdings, maar nie vir Trustco nie.
24 Aug 12AM 3 min

Vrydag, 21 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Geld, gróót geld ... FirstRand Namibia sê beleggers gaan breed glimlag oor hul jongste finansiële resultate. Goeie nuus vir die gasvryheidsbedryf in die land: Werkspermitte vir sakedoeleindes gaan tot vyf jaar verleng word. En daar's 'n nuwe werksesel in die plaaslike voertuigmark …
21 Aug 12AM 3 min

Vrydag, 21 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Geld, gróót geld ... FirstRand Namibia sê beleggers gaan breed glimlag oor hul jongste finansiële resultate. Goeie nuus vir die gasvryheidsbedryf in die land: Werkspermitte vir sakedoeleindes gaan tot vyf jaar verleng word. En daar's 'n nuwe werksesel in die plaaslike voertuigmark …
21 Aug 12AM 3 min

Donderdag, 20 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Local is lekker, maar vir wie - en hoeveel? Plaaslike betrokkenheid in die land se ontluikende stroomop-petroleumsektor was Woensdag telkens 'n warm patat by die Namibiese Olie- en Gaskonferensie in Windhoek. met die regering wat diplomaties vure probeer doodslaan het sonder om op té veel…
20 Aug 12AM 3 min

Woensdag, 19 Augustus 2026

In vandag se KosmosKapitaal: Namibiese vervaardigers kan dalk 'n voet in deur van Pepkor, een van Afrika se handelsreuse, kry. Nuwe voertuigverkope het nie brieke nie en Letshego Holdings Namibia maak meer as 250 miljoen Namibiese dollar se wins in ses maande.
19 Aug 12AM 3 min