Angie Gallagher vertel van ‘Taalgenoot’, die ATKV se amptelike kultuurtydskrif, en RUK EN RYM, ’n kompetisie vir alterna

Loading player...
Die ATKV bemagtig al dekades lank deelnemers en gemeenskappe om in hul toekoms te belê deur projekte wat taal, kultuur en gemeenskapsontwikkeling sigbaar maak. Op 18 Julie gesels Angie Gallagher op Kopskuif oor die wye verskeidenheid inisiatiewe wat uit die ATKV spruit. Sy vertel van ‘Taalgenoot’, die ATKV se amptelike kultuurtydskrif, en RUK EN RYM, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak. Verder deel Angie hoe die ATKV duisende gemeenskappe bereik deur kultuurprojekte, kompetisies en ontwikkelingsprogramme wat taal bevorder, kreatiwiteit aanmoedig en gemeenskappe bemagtig.
18 Jul Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels oor die ontwikkeling van leierskap en loopbaanrigting.

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels op 3 Oktober op Kopskuif. Hy beskryf die 10-maande-oorbruggingsprogram as ’n onvergeetlike voorbereidingsjaar wat nie net studente help om hul leierskappotensiaal te ontdek nie, maar hulle ook toerus met die insig en vermoë om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom hul toekoms en loopbaanrigting te…
3 Oct 32 min