Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

Loading player...
PSALMS 139
23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,
ondersoek my, sien tog my onrus raak.
24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie
en lei my op die beproefde pad!

2 TIMOTEUS 3
16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

EFESIËRS 4
14Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie.

SPREUKE 3
5Vertrou volkome op die Here
en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.
6Ken Hom in alles wat jy doen
en Hy sal jou die regte pad laat loop.
14 Jul 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz

FILEMON 1 Paulus pleit vir Onesimus 8Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, 9doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille…
16 Aug 3AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

1 KORINTIËRS 4 4Daar is ook niks waaroor my gewete my aankla nie, maar dit beteken nog nie dat ek vrygespreek is nie. Dit is die Here wat my beoordeel. 5Daarom moet julle nie te vroeg, voordat die Here kom, 'n oordeel uitspreek nie. Hy sal ook die dinge wat…
15 Aug 2AM 23 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 KONINGS 5 Naäman word genees van melaatsheid 1Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy het…
14 Aug 2AM 20 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

MARKUS 10 Gesprek oor egskeiding (Matt. 5:31-32; 19:1-9; Luk. 16:18) 1Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan na die gebied Judea toe vertrek, oorkant die Jordaan langs. Baie mense het weer na Hom toe gekom en, soos Hy gewoond was, het Hy hulle geleer. 2Daar het ook Fariseërs gekom, en…
13 Aug 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 SAMUEL 9 Dawid neem Mefiboset onder sy sorg 1Op 'n dag het Dawid gevra: “Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan.” 2Hulle het toe vir Siba, 'n amptenaar van Saul se hofhouding,…
10 Aug 2AM 10 min