#8  Die Sonskynpad – Episode 8

Loading player...
Hunter kla oor teater sonder “catering”, Tupperware en applous, totdat Karen Chantillay en Amoré Burger hom in die kombuis laat skottelgoed was. Tussen pannekoekbolletjies en beskuldigings oor die “Full Monty”-ramp begin sy selfbeeld kraak. Wanneer hy onverwags vir Mila verdedig, verklap hy dalk meer as wat hy bedoel het. Maar voordat hy sy gevoelens kan uitfigure, wag ʼn spookhuis en Hunter gil harder as enige zombie.
Season 1 / Episode 8 14 Jul Afrikaans South Africa Comedy · Fiction

Other recent episodes

Die Sonskynpad – Episode 15

Terwyl die jonges in die mis verdwyn, bly Kobus en Tant Ella agter met ʼn gasstofie wat nie wil luister nie en gedagtes wat te hard praat. Wat begin as bekommernis, word ʼn gesprek oor spoke, generasies en hoe maklik ʼn mens self een kan word. Met naald, draad en…
Season 1 / Episode 15 12 min

Die Sonskynpad – Episode 14

Met Saartjie wat gaan staan en ʼn onbekende helper wat meer weet as wat hy wys, word ʼn eenvoudige probleem ʼn nagtelike avontuur. Terwyl die span in die donker na ʼn oplossing stap, groei vertroue … én wantroue. Nie almal glo in helde nie, maar almal wil een wees.
Season 1 / Episode 14 11 min

Die Sonskynpad – Episode 13

ʼn Rustige rit verander vinnig wanneer die bussie op ʼn berugte stuk pad gaan staan. Met mis wat rol en verbeelding wat weghardloop, raak heldedrome groter as gesonde verstand. Maar nie alles wat in die donker nader kom, is wat jy dink dit is nie. Soms is die grootste spoke…
Season 1 / Episode 13 12 min

Die Sonskynpad – Episode 12

ʼn Nuwe oggend op die pad bring hoofpyne, koffiekrisisse en planne wat vinniger verander as wat iemand “mampoer” kan sê. Terwyl reëls opgestel en rolle verskuif word, begin die span soos iets meer as net vier mense in ʼn bus voel. Maar wanneer dinge onverwags skeefloop, word vertroue hul enigste…
Season 1 / Episode 12 12 min

Die Sonskynpad – Episode 11

Met Tant Ella nou amptelik deel van die span, moet die bussie se chaos in orde kom. Gordyne, grondgebied en grense ingesluit. Hunter beskerm sy koffers soos ʼn heilige reliek totdat Ella se “natuurlike” doepa hom platslaan. Tussen sweet, wysheid en ʼn langpadnag begin maskers stadig val. Selfs ouers leef…
Season 1 / Episode 11 12 min