#3  Die Sonskynpad – Episode 3

Loading player...
Wanneer Mila en Kobus vir Hunter by ʼn winkelsentrum se publisiteitsgeleentheid gaan nader, bots generasies, ego’s en CV’s voor ʼn gehoor van histeriese tieners. Wat begin as ʼn eenvoudige “pitch”, ontaard in ʼn teatergeveg tussen ʼn “has-been” en ʼn “six-pack”. Maar Mila hou ʼn troefkaart en dwing Hunter om tussen sy beeld en sy kuns te kies.
Season 1 / Episode 3 7 Jul Afrikaans South Africa Comedy · Fiction

Other recent episodes

Die Sonskynpad – Episode 30

By die see leer Hunter vinnig dat nie alles wat oulik lyk, veilig is nie – veral nie pikkewyne nie. Tussen die lag en die soutwind begin ou herinneringe en nuwe gevoelens stadig vorm aanneem. Party liefdes begin met ʼn klippie en hou langer as wat jy dink.
Season 1 / Episode 30 13 min

Die Sonskynpad – Episode 29

Langs die pad moet Kobus, Hunter en Jano hulle hande vuil maak om Saartjie weer aan die gang te kry. Tussen los boute en skewe planne leer hulle dat nie alles met brute krag reggemaak word nie. Party dinge werk eers wanneer jy ophou stoei en begin luister.
Season 1 / Episode 29 11 min

Die Sonskynpad – Episode 28

In die stilte ná die storm probeer Mila, Tant Ella en Petronel die stukkies weer bymekaarsit – van Saartjie én van hulself. Tussen pleisters en gesprekke word dit egter duidelik: Nie alles wat breek, word weer dieselfde nie. Jy kan regmaak, maar jy kan nie altyd teruggaan nie.
Season 1 / Episode 28 11 min

Die Sonskynpad – Episode 27

Langs ʼn warm Karoo-pad staan Mila en Jano en wag vir ʼn saamrygeleentheid met tyd om te dink oor keuses, mense en dit wat bly. Maar wanneer hulle by Saartjie uitkom, is niks meer dieselfde nie, en iemand anders se foute het duidelike merke gelaat. Party skade tref nie jou…
Season 1 / Episode 27 11 min

Die Sonskynpad – Episode 26

Met koeëls wat vlieg en paniek wat oorneem, lyk dit of alles uitmekaar gaan val. Maar wanneer Petronel uiteindelik haar stem vind, verander die hele spel, en geweld maak plek vir iets onverwags. Die hardste stem is nie altyd die een wat skree nie, maar die een wat kies om…
Season 1 / Episode 26 11 min