Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

Loading player...
GENESIS 28

11Teen sononder het hy by 'n plek gekom waar hy kon oornag. Hy het daar 'n klip vir 'n kopkussing gebruik en gaan lê en slaap. 12Hy het gedroom: 'n leer staan op die aarde en die punt van die leer raak aan die hemel, en engele van God klim op en af met die leer. 13Toe kom staan die Here by Jakob en sê: “Ek is die Here die God van jou voorvader Abraham, die God van Isak. Ek sal die grond waarop jy lê, vir jou en jou nageslag gee. 14Hulle sal so baie wees soos die stof van die aarde, en jy sal jou gebied na alle kante toe uitbrei, en in jou en jou nageslag sal al die volke van die aarde geseën wees. 15Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou na hierdie land toe terugbring. Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek sal doen wat Ek jou beloof het.”
5 Jul 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

JAKOBUS 1 17Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring,…
24 Aug 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 24Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou…
23 Aug 1PM 16 min

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 5 8Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” 9Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was 'n sabbatdag. JAKOBUS 2 17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer…
23 Aug 3AM 16 min

Saterdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 5 Die genesing op die sabbatdag by Betesda 1Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. 2By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, 3waar daar baie gestremdes gelê het:…
22 Aug 2AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

MARKUS 8 Jesus genees 'n blinde man in Betsaida 22Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. GALASIËRS 6 2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus…
21 Aug 2AM 11 min