
Bizskoops - 18 Junie 2026
Loading player...
Op hierdie week se Bizskoops: Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersprysinflasie het in Mei tot 4,5% gestyg, terwyl die Departement van Minerale en Petroleumbronne sê die land se lank uitgestelde nasionale mynboukadaster behoort teen die einde van Maart volgende jaar in werking te wees. Professor Waldo Krugell bespreek die impak wat brandstofprysstygings oor die afgelope twee maande op verbruikersbesteding kan hê. In internasionale sake-nuus het die Verenigde Koninkryk en Japan 'n beleggingsooreenkoms van miljarde pond aangekondig wat daarop gemik is om ekonomiese groei te bevorder en tienduisende werksgeleenthede te skep. Op die plaaslike front het beleggersverwagtinge vir verdere rentekoersverhogings in Suid-Afrika verlig, en ons gaan voort met ons gesprek met Erica Liebenberg van JustMoney, wat praktiese wenke deel oor hoe jongmense 'n inkomste kan verdien deur aanlyn te werk.

