SA Akademieprys vir Vertaalde Werk vanjaar aan Bloemfonteiner Naòmi Morgan toegeken

Loading player...
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs met groot genoeë die wenners van die gesogte Akademiepryse vir 2026 aan gekondig. Die Vrystaat Kunstefees het die goeie nuus gedeel dat Naòmi Morgan die SA Akademieprys vir Vertaalde Werk ontvang het vir haar vertaling van Samuel Beckett se ikoniese boek ‘Ons wag vir Godot’ wat in 2024 as produksie gedebuteer het. Naòmi het die oorspronklike teks se diepte en absurditeit met ‘n fyn balans oorgedra en die toekenning is werklik 'n besonderse prestasie. Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel hoe vertaling werk en wat dit vir Afrikaans beteken.
11 May English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

‘Love Good Music’, aangebied deur die Vrystaatse Simfonieorkes

Dirigent Gerry Cornelius en tjellis Peter Martens laat die werke van Arnold, Sjostakowitsj, Strauss en Poulenc herleef tydens Love Good Music – die Vrystaatse Simfonieorkes se finale konsert vir 2026. Luzanne Eigelaar van die Odeion Skool vir Musiek sluit by Yolanda Maartens aan in OFM Kunsteklop om jou uit te…
29 Sep 3 min

Première van bekroonde Suid-Afrikaanse komposisie tydens Odeion-strykkwartet konsert

Die Odeion-strykkwartet (OSQ) bied hul laaste aandkonsert van 2026 op Donderdag, 22 Oktober, om 19:00 in die Odeion-ouditorium in Bloemfontein aan. 'n Hoogtepunt van die aand sal die wêreldpremière van The Exhibition deur Chesney Palmer wees, asook 'n nuwe strykkwartet deur Nicholas Smit. Luzanne Eigelaar van die Odeion Skool vir…
29 Sep 2 min

Free State Youth Orchestra ready to present “Becoming” on 17 October

The Free State Youth Orchestra (FSYO) continues to play a vital role in shaping the next generation of South African musicians. As a key component of the Free State Symphony Orchestra Company, the FSYO serves as a feeder orchestra, nurturing young talent and preparing them for professional musical careers. Joining…
16 Sep 5 min