Episode 7: Die Realiteite & Gevare Van Die Kuberwêreld

Loading player...
Jacques en Wikus gesels met Rianette Leibowitz oor die realiteite en gevare van die internet, wat soos 'n hoofweg is sê sy. En net soos daar roekelose bestuurders op die paaie is, is daar ook kriminele in die digitale wêreld wat wag vir ‘n geleentheid om ons inligting, geld of selfs kinders te steel.

‘n Mens moet jouself teen “hackers” beskerm en weet hoe om die internet te navigeer. 'n Basiese stap om jou digitale veiligheid te waarborg, is om nooit dieselfde wagwoord vir al jou sosiale media platforms te gebruik nie. Dit is noodsaaklik om sterk wagwoorde te kies en hulle gereeld te verander.

Net soos jy 'n kind sou leer om 'n mes korrek te hanteer, is dit ook jou verantwoordelikheid om jou kind te leer oor die korrekte gebruik van die internet.
8 Sep 2023 Afrikaans South Africa Education · Kids & Family

Other recent episodes

Epsisode 6: Hoe Werk Die Brein Tydens Leer?

Ons gesels met Lieb Liebenberg en Wikus Breetzke oor hoe die brein werk en wat gebeur as mens leer. Daar bestaan baie mites oor die brein, soos die idee dat mense slegs 10% van hul brein gebruik, maar in werklikheid word alle dele van die brein tydens take benut. Navorsing…
25 Aug 2023 52 min

Episode 2: Aanpasbare Kinders Sal Floreer

Ouers vrees die toekoms, want die nuwe wêreld waarop hulle hul kinders moet voorberei is ’n wêreld wat nie in hul verwysingsraamwerk bestaan nie. Aldus Hettie Brittz, ’n lewensafrigter en skrywer met ’n passie vir die uniekheid van kinders en bemagtiging van ouers. Die MOS-inisiatief fokus juis daarop om met…
20 Jun 2023 39 min

Episode 3: Verskillende Maniere Hoe Kinders Leer

Leonie Marques en Wikus Breetzke deel waardevolle inligting oor die maniere waarop kinders kan leer. Die leerproses behels die vorming van neurale banke, en as jy leer, is dit belangrik om hierdie neurale banke te versterk. 'n Manier om dit te doen, is deur die inligting te herhaal. Dit kan…
7 Jul 2023 36 min

Episode 4: Die Mites & Onvermydelike Essensie Van Wiskunde

Al ooit daaraan gedink dat wiskunde die enigste vak is wat tel? Al is hierdie opmerking bloot tong in die kies, is twee wiskundeonderwysers, Annalie Eybers en Linda Jansen dit eens dat baie ouers die fout maak om te dink wiskunde is iets wat ʼn kind by die skool leer…
28 Jul 2023 37 min

Episode 5: Het Skoolhou Oor Die Jare Verander?

Jacques gesels met ma en dogter, Geertjie en Gené, oor die onveranderlikheid van publiekskole se kurrikulum en sisteme van onderwys. Geertjie gebruik haar eie studentjare in Nederland as vertrekpunt en vergelyk dit met die normale opvoedingstelsel wat Gené en talle ander kinders beleef. “As ons terugkyk na toe òns nog…
11 Aug 2023 36 min