MaxMedia Pot Vol Kennis

Pot Vol Kennis

Welkom by Pot Vol Kennis, ’n nuwe opwindende potgooi reeks waarin ons jou help om op ’n ander manier te dink oor onderrig en die toekoms van onderrig. Of jy nou ’n onderwyser, ’n leerling of ’n ouer is, hierdie reeks dien as jou deur na ’n wêreld vol inspirasie en onbeperkte moontlikhede.

Besoek ons webwerf: https://www.moswereldwyd.co.za/

A new exciting podcast series where we assist you in thinking differently about education and the future of learning. Whether you are a teacher, a student, or a parent, this series serves as your gateway to a world full of inspiration and unlimited possibilities.
Once-off Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
12 Episodes

Episode 11: Die MOS Inisiatief Toere & Wyne

Jacques Basson gesels met Wikus Breetzke, wat aan die hoof staan van die innoverings-, tegnologie-, en bemarkingsaspekte van die MOS Inisiatief. Sedert hulle begin het in 2021, het hulle reeds tien skole gestig, en binnekort word ‘n elfde skool in Middelburg geopen. In minder bevoorregte gebiede bestaan 'n aansienlike behoefte,…
17 Nov 2023 19 min

Episode 10: Die Belangrikheid Van Veerkragtigheid In Kinders

"Wat is veerkragtigheid en hoe ontwikkel dit by kinders? Volgens Jeanri Visagie, 'n leerbestuurder by die MOS-inisiatief, is dit die vermoë om voorwaarts te beweeg te midde van moeilike en negatiewe uitdagings. Alhoewel dit nie 'n aangebore eienskap is nie, is dit 'n kwaliteit wat beslis aangeleer kan word. Dr…
3 Nov 2023 44 min

Episode 9: Die Toekoms Van Opvoeding

"As ons nie 'n soliede fondament aan ons land se burgers bied nie, sal ons nooit op 'n mededingende vlak met die wêreld kan wees nie," sê Dr. Pieter Geldenhuys, 'n toekomskenner en Direkteur by die Instituut vir Tegnologie, Strategie, en Innovasie. Afrika moet terugkeer na die beginsels. Dit beteken…
13 Oct 2023 37 min

Episode 8: Is Jou Kind Voorbereid Vir Die Toekomstige Werksplek?

Berei jou kinders se skoolonderrig hulle goed genoeg voor vir die toekomstige werksplek? Nie noodwendig nie – nie eens in alle Afrikaanse skole nie – sê die uitvoerende hoof van die MOS-inisiatief, Roedolf van der Westhuizen. Hy glo dat al hoewel meeste Afrikaanse skole puik positiewe karakter in leerlinge ontwikkel,…
22 Sep 2023 34 min

Episode 7: Die Realiteite & Gevare Van Die Kuberwêreld

Jacques en Wikus gesels met Rianette Leibowitz oor die realiteite en gevare van die internet, wat soos 'n hoofweg is sê sy. En net soos daar roekelose bestuurders op die paaie is, is daar ook kriminele in die digitale wêreld wat wag vir ‘n geleentheid om ons inligting, geld of…
8 Sep 2023 38 min

Epsisode 6: Hoe Werk Die Brein Tydens Leer?

Ons gesels met Lieb Liebenberg en Wikus Breetzke oor hoe die brein werk en wat gebeur as mens leer. Daar bestaan baie mites oor die brein, soos die idee dat mense slegs 10% van hul brein gebruik, maar in werklikheid word alle dele van die brein tydens take benut. Navorsing…
25 Aug 2023 52 min

Episode 5: Het Skoolhou Oor Die Jare Verander?

Jacques gesels met ma en dogter, Geertjie en Gené, oor die onveranderlikheid van publiekskole se kurrikulum en sisteme van onderwys. Geertjie gebruik haar eie studentjare in Nederland as vertrekpunt en vergelyk dit met die normale opvoedingstelsel wat Gené en talle ander kinders beleef. “As ons terugkyk na toe òns nog…
11 Aug 2023 36 min

Episode 4: Die Mites & Onvermydelike Essensie Van Wiskunde

Al ooit daaraan gedink dat wiskunde die enigste vak is wat tel? Al is hierdie opmerking bloot tong in die kies, is twee wiskundeonderwysers, Annalie Eybers en Linda Jansen dit eens dat baie ouers die fout maak om te dink wiskunde is iets wat ʼn kind by die skool leer…
28 Jul 2023 37 min

Episode 3: Verskillende Maniere Hoe Kinders Leer

Leonie Marques en Wikus Breetzke deel waardevolle inligting oor die maniere waarop kinders kan leer. Die leerproses behels die vorming van neurale banke, en as jy leer, is dit belangrik om hierdie neurale banke te versterk. 'n Manier om dit te doen, is deur die inligting te herhaal. Dit kan…
7 Jul 2023 36 min

Episode 2: Aanpasbare Kinders Sal Floreer

Ouers vrees die toekoms, want die nuwe wêreld waarop hulle hul kinders moet voorberei is ’n wêreld wat nie in hul verwysingsraamwerk bestaan nie. Aldus Hettie Brittz, ’n lewensafrigter en skrywer met ’n passie vir die uniekheid van kinders en bemagtiging van ouers. Die MOS-inisiatief fokus juis daarop om met…
20 Jun 2023 39 min

Episode 1: Ons Wil Ouers Help Anders Dink Oor Onderrig

In die loodsepisode van ’n Pot Vol Kennis Potgooi Reeks gesels Jacques Basson met Wikus Breetzke, wat aan die stuur staan van innovasie, tegnologie en bemarking by die MOS Inisiatief. Die naam ‘MOS’ verwys na die Moedertaal in Onafhanklike Skole, en die doel is om Afrikaanse onderrig te versterk en…
2 Jun 2023 24 min