Johan Vos

Loading player...
Met ‘n geoktrooieerde rekenmeester as pa, was Johan Vos as kind ‘n dorpsjapie wat, danksy sy ma, wat ‘n plaas geërf het, van jongs af ‘n passie vir boerdery ontwikkel het.

So passievol was Johan daaroor as ‘n tiener, dat hy smiddae na skool uitgedraf het plaas toe en terug - net om vir ‘n paar uur te kon boer.

Vee was nog altyd sy groot liefde, maar mielies het noodsaaklike diversifikasie gebied soos die besigheid uitgebrei het. Johan het ook ‘n meule op die plaas bedryf, maar dié uiteindelik toegemaak namate die administrasie daarvan, en spesifiek geldinvordering, die aandag van sy boerdery begin aflei het.
24 Nov 2020 Afrikaans South Africa Business · Management

Other recent episodes

Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 21 min

Loodsepisode John Deere Afrika Potgooi

Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen ‘n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies dié uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope 182…
20 Dec 2019 43 min

Koos Blanckenberg

Koos Blanckenberg, ‘n vierde-geslag melk- en graanboer van die Wes-Kaap, is ‘n gesiene John Deere-kliënt wie se gemeenskapsontwikkelingsprogram geskoei is op die slagspreuk: ‘n Beter lewe vir almal... Koos het ‘n BCom-graad in Landbou-ekonomie verwerf aan Stellenbosch, maar die ondervinding wat hy op ‘n paar besoeke aan die VSA opgedoen…
17 Jan 2020 36 min

Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Thabo van Zyl

Thabo van Zyl is nie alleen ‘n suksesvolle mielieboer van die Vrystaat nie, maar het onlangs ook Syngenta se Leadership Academy for Agriculture-program suksesvol voltooi. Volgens hom het dié kursus weereens benadruk hoe belangrik effektiewe leierskap, en kommunkasie, in die landbou-sektor is. Hierdie Wesselsbron-boer gesels ook padlangs met Jacques Basson…
8 May 2020 48 min