Loodsepisode John Deere Afrika Potgooi

Loading player...
Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen ‘n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas...

Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies dié uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope 182 jaar.

Die kernwaardes van integriteit, kwaliteit, toegewydheid en vernuwing vind gestalte in John Deere se mense, produkte en prosesse.

Dit geld ook vir John Deere hier ter plaatse, suid van die Sahara.

In die eerste van ‘n hoogs insiggewende potgooi reeks, met landbou deurlopend as die primêre fokus, gesels ek met Jacques Taylor en Stephan Nel, onderskeidelik besturende direkteur en bemarkingsbestuurder van John Deere Sub-Sahara Afrika.

In hierdie loodsepisode wissel die gesprek van die fassinerende geskiedenis van John Deere in Suid-Afrika, met ‘n skip wat sink en twee ploeë wat herwin is, tot die maatskappy se uitgebreide handelaarsnetwerk, regoor Suid-Afrika en die res van die kontinent, tot John Deere se globale en plaaslike visie en missie.

Soos wat Jacques en Stephan benadruk gaan dit oor die deurgee van eerstehandse inligting aan produsente, en, ten spyte van al die negatiwiteit tans in die hoofstroom-media, is die ware stand van sake oorwegend goeie nuus vir boerdery in Suid-Afrika...
20 Dec 2019 Afrikaans South Africa Business · Management

Other recent episodes

Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 21 min

Koos Blanckenberg

Koos Blanckenberg, ‘n vierde-geslag melk- en graanboer van die Wes-Kaap, is ‘n gesiene John Deere-kliënt wie se gemeenskapsontwikkelingsprogram geskoei is op die slagspreuk: ‘n Beter lewe vir almal... Koos het ‘n BCom-graad in Landbou-ekonomie verwerf aan Stellenbosch, maar die ondervinding wat hy op ‘n paar besoeke aan die VSA opgedoen…
17 Jan 2020 36 min

Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Thabo van Zyl

Thabo van Zyl is nie alleen ‘n suksesvolle mielieboer van die Vrystaat nie, maar het onlangs ook Syngenta se Leadership Academy for Agriculture-program suksesvol voltooi. Volgens hom het dié kursus weereens benadruk hoe belangrik effektiewe leierskap, en kommunkasie, in die landbou-sektor is. Hierdie Wesselsbron-boer gesels ook padlangs met Jacques Basson…
8 May 2020 48 min

Barry Landman

Barry Landman en sy twee broers is derde-generasie sitrusboere op Letsitele, naby Tzaneen. Hul hoofvertakking is lemoene, maar hulle produseer ook pomelo’s en suurlemoene, en het onlangs begin diversifiseer met die ontwikkeling van sowel makadamias as avokado’s. Die nuutste toevoeging tot die besigheid, wat die broodnodige diversifikasie-proses eenvoudig na ‘n…
20 Nov 2020 1 hr 16 min