Woensdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

Loading player...
JOHANNES 20

24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!”
Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.”
Jesus en Tomas
26Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by hulle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!”
27Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.”
28En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!”
29Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”
15 Apr 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

HEBREËRS 11 5Omdat Henog geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nêrens te vind nie, omdat God hom weggeneem het. Van hom word getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit wou. GENESIS 5 24Hy het naby God geleef en…
26 May 2AM 12 min

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

LUKAS 4 Die besetene in Kapernaum (Mark. 1:21-28) 31Daarna het Hy na Kapernaum toe gegaan, 'n dorp in Galilea, en die mense gereeld op die sabbatdag geleer. 32Hulle was verbaas oor sy leer, want Hy het met gesag gepraat. 33In die sinagoge was daar 'n man wat in die mag…
24 May 1PM 23 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

MARKUS 1 23Op daardie oomblik was daar in hulle sinagoge 'n man wat van 'n onrein gees besete was. Hy het uitgeskreeu: 24“Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet goed wie U is; U is die Heilige van…
23 May 2AM 31 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

SEFANJA 3 8Daarom, wag vir My in vrees, sê die Here, wag vir die dag wanneer Ek opstaan en my buit kom vat. Ek het besluit om nasies bymekaar te maak, koninkryke saam te roep en op hulle my gramskap uit te stort, die volle gloed van my toorn: die…
23 May 2AM 20 min