
BARNARD BEUKMAN GESELS OOR SA SE NUWE AFRIKAANSE KOERANT – DIE PAPIER
Loading player...
’n Nuwe hoofstuk in Afrikaanse joernalistiek word hierdie week oopgeslaan met die bekendstelling van Die Papier. ’n Splinternuwe Afrikaanse koerant. In ’n tyd waar drukmedia wêreldwyd onder druk is, word dié bekendstelling as geskiedkundig beskryf. Ons gesels met die publikasie se redakteur, Barnard Beukman, oor waar die idee begin het, wat lesers kan verwag, en waarom hy glo daar is steeds plek, en hoop, vir Afrikaans in die medialandskap.

