Woensdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

Loading player...
PSALMS 1
Die Here lei die regverdiges
1Dit gaan goed met die mens
wat nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan
en met ligsinniges saamspan nie,
2maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
3Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie.
Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
4So is die goddeloses nie.
Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.
5Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie
en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
6Waarlik,
die Here lei die regverdiges op hulle pad,
maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
25 Feb 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

Lukas 22: 14En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom. 15En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly. 16Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer…
2 Apr 2AM 15 min

Woensdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

Sagaria 11: 4So het die Here my God gesê: Gaan wees 'n herder vir die slagskape. 5Hulle eienaars self slag hulle sonder skuldgevoel, of verkoop hulle en sê: “Prys die Here, ek word ryk!” Ook die skape se herders gee vir hulle niks om nie. 6Ek gee ook nie meer…
1 Apr 2AM 14 min