
'Dissipels maak dissipels'- Prof Malan Nel gesels oor sy nuwe gemeentereeks
Loading player...
“Dissipelskap is diensbaarheid”. Só sê prof Malan Nel, emeritusprofessor in Praktiese Teologie by die Fakulteit van Teologie aan die Universiteit van Pretoria (UP). Hy het die gewilde jaarlikse Lentekonferensie vir predikante begin en die ingrypende Jeug-tot-Jeugaksie van 1974 help organiseer. Na ’n loopbaan van meer as 50 jaar in die bediening is hy op 87 steeds voltyds in diens van UP, ’n gerespekteerde baanbreker en visionêre teoloog – plaaslik en internasionaal. Sy pennevrug sluit om en by 60 boeke en boekdele in, 60 akademiese artikels, ses meer populêre artikels en tallose navorsingsprojekte, en -optredes in. Dit is ’n reusegeskenk aan die kerk wat baie jare se bedieningsondervinding en navorsing omvat. Sy nuutste boek getiteld Lewedraende kanale: Gemeentestrukturering is pas uitgegee en is die derde boek in sy reeks oor gemeentebou. Annabelle Lombard het met hom gesels.



