Ep. 2 - Outisme en die kerk : ’n Gesprek met Daantjie Badenhorst

Loading player...
Baie mense ken Daantjie Badenhorst as Daantjie Dinamiet, kampioen van TV-reekse soos Noot vir Noot en Flinkdink. Hy het Aspergersindroom, ’n vorm van outisme. Annabelle Lombard gesels hom, ’n jarelange betrokke lidmaat by die Skuilkrans NG Gemeente in Pretoria, oor outisme en die rol van die kerk as ’n tuiste vir almal. Dit is ’n eerlike en hoopvolle gesprek oor menswees, aanpassing en die rol wat geloofsgemeenskappe kan speel. Hierdie gesprek is ook op hulle gemeente se podcast-reeks Ligsoekers.
4 Nov 2025 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

'Dissipels maak dissipels'- Prof Malan Nel gesels oor sy nuwe gemeentereeks

“Dissipelskap is diensbaarheid”. Só sê prof Malan Nel, emeritusprofessor in Praktiese Teologie by die Fakulteit van Teologie aan die Universiteit van Pretoria (UP). Hy het die gewilde jaarlikse Lentekonferensie vir predikante begin en die ingrypende Jeug-tot-Jeugaksie van 1974 help organiseer. Na ’n loopbaan van meer as 50 jaar in die…
10 Feb 20 min

Orrels en orreliste - Dr Isabelle van Rensburg, voorsitter van SAKOV

“Daar’s definitief ’n toekoms vir orrel … SAKOV probeer saam ’n toekoms vir orreliste in SA te verseker.” So vertel dr. Isabelle van Rensburg, voorsitter van SAKOV – die Suider-Afrikaanse Kerk- en konserteorrelistevereniging. Dit is vir haar ’n voorreg om gemeentes deur musiek in kontak met hulle Skepper te bring…
29 Jan 16 min