Net nog enetjie | Die regering van nasionale verwarring | Ep. 64

Loading player...
In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom oor die stand van sake in Suid-Afrika. Vanaf die huidige krisis rondom bek-en-klouseer tot die regering van nasionale verwarring en verlamming in ’n verkiesingsjaar. Wie hou kop in dié chaos en wie gaan aan die kortste ent trek wanneer kiesers in November stembus toe gaan?
Chapters
  • 00:00 Welkom terug
  • 02:05 Die krisis van bek-en-klouseer
  • 08:46 Regering van nasionale verwarring
  • 14:55 Wat werk nog vir Suid-Afrika?
  • 18:29 Deurmekaar, maar daar is hoop
22 Jan Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Die son sak oor Alles-ras | Ep. 73

Daar is toenemende konsensus dat die huidige stelsel nie werk nie. Waar sommige dit al jare lank uitwys, begin ander dit nou eers – soms huiwerig – erken. Tog is daar steeds diegene wat hardnekkig vasklou aan die idee dat die beleid moreel reg is, en dat slegs die implementering…
25 Mar 23 min

Net nog enetjie | Begroting-babelas | Ep. 69

Luister nou na hierdie week se aflewering van Net nog enetjie waarin Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die 2026-begroting gesels. Enoch Godongwana, minister van finansies, het Woensdag sy begrotingsrede vir die jaar gelewer – hierdie tyd verlede jaar het die land gespartel en almal gepraat oor die…
26 Feb 22 min