
’n Persoonlike reis deur van sy gunstelling musiek met Steinway-pianis Charl du Plessis
Loading player...
Steinway-kunstenaar Charl du Plessis stel sy twaalfde album en tweede solo-opname, My Favourite Things, bekend. Die opname bied ’n fyn saamgestelde program wat sy veelsydige musikale identiteit weerspieël en met gemak beweeg tussen klassieke klaviermusiek en jazz-geïnspireerde interpretasies. Hy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om ook te gesels oor dit wat hy ook verder vir 2026 beplan!

