Sondagoggend Erediens - - Past Pieter Calitz

Loading player...
LUKAS 18

Die blinde man by Jerigo
(Matt. 20:29-34; Mark. 10:46-52)
35Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, 36die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. 37Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby.”
38Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!”
39Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!”
40Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word. Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom: 41“Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.”
42Jesus sê vir hom: “Goed, jy kan sien! Jou geloof het jou gered.”
43En onmiddellik kon hy sien, en hy het Jesus gevolg en God geprys. Ook al die mense wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.
21 Dec 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

(KERSFEES) Donderdagoggend Erediens - Past Bernard van der Vlies

MATTEUS 2 Besoek uit die ooste 1Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien…
25 Dec 2AM 24 min

Woensdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

ROMEINE 11 35Wie bewys Hom 'n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” 36Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.
24 Dec 1AM 17 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

MATTEUS 24 Die profetiese rede: die dag en die uur van die wederkoms (Mark. 13:32-37; Luk. 17:26-30,34-35) 36“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.
23 Dec 1AM 12 min