Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

Loading player...
MATTEUS 25

Die profetiese rede: die gelykenis van die muntstukke
(Luk. 19:11-27)
14“Verder gaan dit soos met 'n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. 15Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan.
16“Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en 'n wins gemaak van nog vyf. 17So ook die een wat twee gekry het: hy het 'n wins gemaak van nog twee. 18Maar die slaaf wat een gekry het, het 'n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek.
19“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra. 20Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, kom toe en bring die ander vyf saam, en sê: ‘Meneer, vyf goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met vyf ander wat ek wins gemaak het.’ 21Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’
22“Toe kom die een met die twee goue muntstukke en sê: ‘Meneer, twee goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met twee ander wat ek wins gemaak het.’ 23Sy eienaar sê toe vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’
24“Toe kom die een wat een goue muntstuk ontvang het, en sê: ‘Meneer, ek ken u en weet dat u 'n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, en pluk waar u nie geplant het nie. 25Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe. Hier het u u geld terug.’ 26Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is 'n slegte en 'n lui slaaf! Jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie, en pluk waar ek nie geplant het nie. 27Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het. 28Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien het. 29Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. 30En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.’ ”
16 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

ROMEINE 9 20Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” 21Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie? 22En…
14 Mar 2AM 20 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

PSALMS 8 4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, 5wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?
13 Mar 2AM 11 min

Donderdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

GENESIS 50 18Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.” 19Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou…
12 Mar 2AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

SPREUKE 3 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens. 5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles…
11 Mar 2AM 11 min